Valiant Swart

Rondry, Fliek en die Buitelewe

Regular price R540.00

Limited Edition Vinyl LP + Printed Inner - RR0036 

Nuwe insig kom deur waarneming en nie met redenasies nie. Valiant Swart het deur die jare juis só tot ’n nuwe verstaan van die lewe gekom. Met ’n loopbaan wat strek vanaf 1988 en talle kilometers op die pad, het Valiant Swart al die kante van die lewe gesien. Sy nuwe album, RONDRY, FLIEK EN DIE BUITELEWE, is ’n versameling karaktersketse wat deurspek is met die strewe na vryheid.